|
POSBESKRYWING
Die Klank-Koördineerder is verantwoordelik vir die tegniese ondersteuning tydens alle eredienste van die gemeente, asook ander geleenthede wat klank benodig. Dit sluit ook die tegniese versorging van multimedia-toerusting en voorbereiding van die verhoog (soos kolligte) in.
DIE VEREISTES VIR DIE POS
Persoon
- Die persoon moet 'n lewende verhouding met die Here hê, identifiseer met die gemeente se visie en kernwaardes, asook ’n meelewende lidmaat van die gemeente wees.
- Goeie menseverhoudinge en die vermoë om in spanverband te kan saamwerk, is 'n vereiste.
- Die persoon moet oor goeie organisatoriese vaardighede beskik.
- Die persoon moet oor voldoende formele klankopleiding, -vaardighede en -ervaring beskik.
Klank
- Verantwoordelik vir alle tegniese aspekte van klank vir alle eredienste en ander geleenthede van die gemeente.
- Instandhouding: Sorg dat al die verskillende klankstelsels in goeie werkende toestand is en in stand gehou word.
- Hantering van tegniese probleme tydens eredienste en ander geleenthede.
- Bestuur die evaluasie, herstel en aankoop van tegniese toerusting.
- Help met die vooraf beplanning en voorbereiding van toerusting vir kampe, uitreike/funksies.
- Tree op as klankman as deel van die klankspan, asook versoek van Bedieninge vir spesiale geleenthede.
Spanwerk
- Bestuur en verskaf opleiding aan ’n span vrywilligers wat die klank hanteer tydens dienste en ander geleenthede.
- Opstel en koördinering van die diensrooster vir die Klankspan by alle eredienste.
- Deel van die Erediensbedieningspan en werk nou saam met die gemeente se musiekleiers.
Addisionele geleenthede
Geredelik beskikbaar vir buite-funksies met verhuring van lokale (soos vir Begrafnisse) teen bykomende vergoeding soos van tyd tot tyd vasgestel.
AANSOEKE
• Stuur ’n aansoek met volledige CV, kontakbesonderhede en 3 referente
• Rig aansoeke aan: erediens@luxmundi.org.za
VERGOEDING
Beskikbaar op aanvraag.
WERKSURE
• Sondae tydens eredienste en ook ander tye soos benodig.
• Weeklikse instandhouding en diens van klanktoerusting (flexi-ure).
SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE
Maandag, 25 April 2022
DIENSAANVAARDING
1 Mei 2022 of so gou moontlik daarna.
NAVRAE
Nelia Kotze 012 998 8801 of erediens@luxmundi.org.za.
Die Gemeenteraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie |