Uitgestuur deur KERKNUUS namens NG GEMEENTE WITPOORTJIE
Stuur alle eposse aan witpoortjie.ng@gmail.com Klik hier vir aanlyn weergawe...
NG GEMEENTE WITPOORTJIE

VAKATURE:  LERAAR
(VASTE TERMYNPOS [KONTRAKPOS] VIR DRIE JAAR)

GEMEENTE PROFIEL:

  • Witpoortjie is n voorstedelike gemeente gele in die weste van Gauteng en is deel van die Ring van Roodepoort (Sinode Goudland).
  • Die gemeente is n stedelike eenmansgemeente (pastorale gemeente)
  • Van karakter is die gemeente sterk behoudend met Gereformeerde spiritualiteit en stel n ho premie op skrifgetroue prediking.
  • Die gemeente is 'n tipiese stedelike gemeente en bestaan grootliks uit ouer persone.

LERAARSPROFIEL:
In aansluiting by ampspligte soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde, moet die leraar ...

  • Iemand wees wat die Here liefhet en n roeping het om in Sy diens te staan.
  • Entoesiasties wees oor Gereformeerde skrifgetroue prediking.
  • n Gelegitimeerde van die NG Kerk wees.
  • Pastorale versorging as belangrik ag.
  • Leiding kan neem en met die Kerkraad en gemeente as span kan saamwerk.
  • Rekenaartegnologie en ander digitale media in sy bediening kan gebruik.
  • Jeug kan inspireer om betrokke te wees by die kerk, maar wat ook die behoeftes van ouer mense kan aanspreek.

VERGOEDING:

  • Vergoeding en byvoordele sal tydens n onderhoud verstrek word.
  • Die gemeente beskik nie oor n pastorie nie.  n Behuisingstoelaag word voorsien.

AANSOEKE:

  • Volledige CV met drie toepaslike referente (elektronies) aan die Skriba
  • Geselekteerde kandidate moet beskikbaar wees vir onderhoude in die week en n preekbeurt op Sondag.

SLUITINGSDATUM:   31 Julie 2021

DIENSAANVAARDING:   1 Januarie 2022
 
NAVRAE:

Skriba:  witpoortjie.ng@gmail.com
Leier ouderling:  P. Coetzer (082 789 6288) of philip.coetzer@seeff.com

Die Kerkraad hou hom die reg voor om nie n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
 

 


KERKNUUS...nuus oor die grense
Posbus 5539 Kockspark 2523

Webblad / E-pos / Kanselleer alle Kerknuus of verander voorkeure