Uitgestuur deur KERKNUUS namens LOUIS HOUGH
Stuur asb alle eposse na louishough@telkomsa.net Lees aanlyn hier...

Groepe van 8 of meer kan eie werkswinkel op hul eie plek en afslag onderhandel. 

Hier is die geleentheid waarvoor u gewag het!  Hierdie tegnieke help u om berading maklik en effektief te kan doen.  Alhoewel oorspronklik ontwikkel vir behandeling van trauma, is dit effektief vir baie ander tipe situasies ook.  U leer nie net teorie nie, maar ook stap vir stap presies hoe om dit te doen.   

Met TIR (wat deur die VSA se NREPP erken word as “evidence based” manier van berading van trauma) help die berader die getraumatiseerde om die trauma te integreer en so los te kom van die effek van die insident. TIR gee relatief (in vergelyking met ander metodes) vinnige en permanente resultate, baie keer in net een sessie. Dit kan ook effektief gebruik word vir ander probleme soos fobies, angsaanvalle, psigosomatiese simptome ens.   

Die tegniek kan in vier dae aangeleer word waarna die kursusganger dit effektief kan gebruik. Na suksesvolle voltoo´ng van die werkswinkel kan die gebruiker internasionaal registreer op die Traumatic Incident Reduction Association webblad. Internskap wat lei tot meerdere erkenning en 3 ander opvolgwerkswinkels is ook beskikbaar.

Die werkswinkel word aangebied deur Ds Louis Hough. Louis gebruik TIR al  vanaf 2008 en is deur TIRA geakkrediteer as TIR & LSR Fasiliteerder en Senior Opleier. 

Die 4 dae werkswinkel kos R5,000 en sluit werksboek en 3 maande se supervisie in.  Afslag van R300 indien meer as 14 dae vooraf ten volle betaal is.  Afbetaling kan ook gereel word. Lees meer oor TIR by www.tira.org en oor Louis by http://www.traumahelpsa.weebly.com   

Vir meer inligting of om in te skryf kontak Ds Louis Hough by 082 772 5559 of houghlouis@gmail.com   

 
Laai drukbare dokument af

 

KERKNUUS...nuus oor die grense
Posbus 5539 Kockspark 2523

Webblad / E-pos / Kanselleer alle Kerknuus of verander voorkeure