Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player

  Tuisblad | Kerke en skole | Kostes | Werkswyse | Smalls | Kontak  
Menu
Tuisblad
Kerke en skole
Kostes
Werkswyse
Smalls
Kontak
 
 
 

 

Werkswyse:

  • U stuur vir ons die advertensie/berig in enige teks of MS Word formaat na kerknuus@lantic.net
  • Ons stuur vir u 'n proef om te proeflees.
  • Sodra u tevrede is, gaan ons voort met die verspreiding.
  • Grafika tot 'n maksimum van 30kb word ingesluit in die epos. Grafika groter as 30kb word op die Kerknuus-web geplaas en word deur die ontvanger afgelaai deur te klik op "Download pictures" - die doel is om e-posse kleiner as 50kb te hou ter wille van bandwydte en internetverkeer. Grafika groter as 80kb word op u eie webblad geplaas - eksta koste sal gehef word indien dit op Kerknuus se webblad geplaas word.
  • Aanhangsels kleiner as 30kb word uitgestuur teen dieselfde koste as 'n logo van 30kb; aangangsels groter as 30kb word op die Kerknuus-web geplaas en verwys in die e-pos.

Adresse:
Alle eposse word van Kerknuus se epos-adresse af gestuur. U naam en Kerknuus se epos adres verskyn dus in die |sender" blokkie. Indien u dit verkies, kan ons die epos so uitstuur dat dit na u eie epos adres "reply". Baie van die "servers" tel egter eposse met verskillende "from" en "reply to" adresse op as SPAM en daarom verkies ons om slegs Kerknuus se adresse te gebruik. Ons dui egter duidelik aan dat die ontvangers na u eie epos adres moet reageer. Eposse wat wel by Kerknuus uitkom, word onmiddellik aan u gestuur.

Betaling:
Nadat ons dit suksesvol gestuur het, stuur ons 'n faktuur aan u waarna u die kostes kan vereffen.

NEEM KENNIS: Die e-posse neem ongeveer 1 - 24 ure om te stuur afhangende van die grootte van die e-pos (Kerknuus stuur slegs 6 eposse per minuut soos voorgeskryf deur wetgewing). In die geval waar ons 'n e-pos na al die ontvangers stuur, neem dit ongeveer 24 ure om te stuur.

Kerknuus.com behou die reg voor om 'n berig/advertensie te stuur of nie te stuur nie. Kerknuus.com aanvaar egter geen verantwoordelikheid vir die inhoud van enige berig of advertensie nie. Kerknuus.com wil die groter liggaam van Christus dien en sal geen berigte/advertensies uitstuur in stryd hiermee nie.

 

E-pos /nuusbriewe
Teken in
Teken uit
Voorkeure
E-mail / Newsletters
Kopiereg: kerknuus.com